css templates

Uit die hoof se pen en hart...

Welkom by Hluhluwe Privaatskool, welkom by die beste!

Hier sal jy en jou kind deel word van ‘n unieke en dinamiese omgewing. Ons strewe daarna om die beste skool denkbaar vir ons leerders te wees. 

Om ten alle tye u kind veilig te laat voel en hom/haar te stimuleer op alle vlakke van ontwikkeling tot 'n gelukkige en optimale ontwikkelde kind. Die geluk, groei en ontwikkeling van elke leerder, in alle fasette, van wat die skool hom/haar bied, is vir ons ‘n prioriteit. U kind is vir ons baie spesiaal! Hier sal liefde en lag elke dag deel van u kind wees.

Mobirise

Die ligging van die pragtige skool

Die ligging van ons pragtige skool, omring deur ‘n natuurlike sandwoud en pynappellande, verleen aan ons ‘n tipe landelikheid, wat in vandag se gejaag, ‘n kosbare uniekheid verseker. Ons bosskool, met eie spesiale boskerkie en bosklasse, is beslis baie spesiaal en eie aan ons unieke identiteit.

Ons Doel


Ons doel is om liefde, opregtheid, vriendelikheid en eerlikheid daagliks deel van elke leerder se omgewing te maak. Ons positiewe benadering, naamlik dat elke oomblik van u kind se lewe van groot waarde is en elke geleentheid ten volle aangegryp en benut moet word, maak ons opvoedingstaak 'n reuse uitdaging. Watter besitting kan kosbaarder wees as die vertroue en respek van 'n kind, u kind?

Daarom doen ons reg aan ons slagspreuk, want by Hluhluwe Privaatskool is Elke Kind EERSTE, Elke dag !

Privaatskoolgroete,
Mev. A van Staden

From the headmaster's pen and heart...

Welcome to Hluhluwe Private School, welcome to the best!
 

Here your child will be part of a unique and dynamic surrounding. We will strive to be the best educational facility and to give the best to our students.

To let your child feel safe and to stimulate them at all stages of development. The happiness, growth and development of every pupil in all areas are our top priority.

Your children are special! Love and laughter will be a part of your child's every day.

Mobirise

The location of our beautiful school


The location of our beautiful school is surrounded by a sand forest and pineapple farms. Where will you find this in our day and age?
Another one of our unique aspects is our bush school with a quaint bush chapel. Here we have incorporated nature lessons into our curriculum.

Our goal

Our goal is that every learner has the environment of love, friendship and honesty everyday.  Our positive approach is that every moment of your child’s life is valued, that we will jump to every opportunity and utilised it as a challenge. What can be more valuable as the trust and respect of a child, your child? As our slogan states at Hluhluwe Private School, Every Child FIRST, Every day!

Private School Greeting
Mev. A van Staden 

KONTAK VORM

Vul asb die vorm in

FOLLOW US ON FACEBOOK!

Address

Pobox 70
Hluhluwe, 3960

Contacts

Email: admin@privaatskool.co.za
Phone: 083 661 7664
Tel: 035 562 2082/2075
Faks/Fax: 035 940 0810