best free html templates

ALGEMEEN/GENERAL

Skoolure

Maandag tot Donderdag 07h45 - 13h55 
Vrydag 07h45 - 13h00

Skoolreëls

• Skoliere moet betyds wees en moet om 07:45 reeds by 
  die skool wees. 
• Geen leerling mag die skoolgronde verlaat gedurende 
   skoolure sonder om deur die ouers uitgeteken te word nie. 
• Leerlinge en hul ouers sal verantwoordelik gehou word vir  
   enige opsetlike beskadiging van enige skooleiendom. 
• By ons skool neem alle leerlinge deel aan alle aktiwiteite. 

  
Algemene Optrede: 

• Geen leerlinge word in die klasse of saal toegelaat gedurende 

   pouse, voor en na skool nie. 
• Geen leerlinge mag op die stoepe of sementpaadjies hardloop 
   nie. 
• Leerlinge is verantwoordelik om hul klas- en speelomgewings 
   skoon te hou. Moenie rommel strooi nie. 
• Bakleiery, stoeiery, boelie, intimidasie, rassisme, rowwe 
   speletjies of enige ander optrede wat ander leerlinge in
   gevaar
 kan stel, word nie toegelaat nie. 
• Geen speelgoed, tegnologiese apparate (soos ipods, selfone, 
   ens.) of diere mag skool toe gebring word sonder die 
   toestemming van 'n personeellid nie. 
• Geen leerlinge word toegelaat in die pynappellande of buite
   die 
skoolhek nie. 
• Geen kougom kouery word toegelaat terwyl leerlinge in  
   skooldrag geklee is nie. 

Sportmanskap: 

‘n Leerling van Hluhluwe Privaatskool word verwag om: 
• Te alle tye die besluite van skeidsregters te respekteer. 
• ‘n Leerling mag nooit spelers of skeidsregters van ander skole      kritiseer nie, ingesluit van die kantlyn af. 
• Ondersteun, maar nie deur ongeskikte fluite of geluide nie. 
• Jy moet jouself persoonlik verskoon by die afrigter in geval jy 
   nie ‘n oefening kan bywoon nie. 
• Hou by alle sportreëls te alle tye.

Erekode 

As 'n leerling van Hluhluwe Privaatskool: 
• sal ek die Here vereer, 
• sal ek my onderwysers en mede-skoliere respekteer,
• sal ek my skoolwerk pligsgetrou en betyds, na die beste van
  my 
vermoë afhandel,
• sal ek op die sportveld volgens die reëls en in goeie  
  sportmangees deelneem,
• sal ek die skooleiendom en die besittings van ander
   respekteer 
 en oppas,
• sal ek net wat aan my behoort gebruik en my eie besittings
 
  oppas,
• maar bo dit alles sal ek daarna streef om eerlik, vriendelik en
   opreg te wees.

Time Table

Monday to Thursday 07h45 - 13h55
Friday 07h45 - 13h00 

 School Rules 

• Pupils must be punctual and are expected to be at school by
  07:45. 
• No learner may leave the school property during school hours
  without the parents' consent and signature. 
• Learners and parents will be held accountable for any damage
   to / loss of school property. 
• At our school all learners will participate in all activities. 

General Conduct: 

• No learner is allowed to be inside a classroom or the hall during
  break, before and after school. 
• No learner is allowed to run on the verandahs or cement
  paths. 
• Learners are responsible for keeping their classroom and
  playground clean. 
• No littering allowed. 
• Fighting, bullying, intimidation, racism, rough games or any act
  which might endanger others shall not be tolerated. 
• No toys, technological apparatus (like ipods, cell phones, etc.)
  or animals may be brought to school unless permission is
  granted by a teacher. 
• No learner is allowed in the fields surrounding the school
  property or outside the school gate. 
• No chewing gum is permitted while learners are dressed in
  school uniform. 

Sportmanship: 

A learner of Hluhluwe Privaatskool is expected to: 
• Respect the decisions of umpires and referees at all times. 
• Never criticize players of other school or referees and umpires,
   including from the sidelines. 
• Applaud but not with rude noises. 
• Excuse yourself personally from the coach if you are not able
  to attend a practice. 
• Abide by the sport rules at all time. 

Honour Code 

As a learner at Hluhluwe Privaatskool: 
• I shall honour the Lord, 
• I shall always show respect towards my teachers and my fellow    pupils, 
• I shall do my schoolwork conscientiously and promptly to the
  best of my ability, 
• I shall compete according to the rules in a spirit of good
  sportsmanship, 
• I shall respect all school property and the belongings of other
  pupils, 
• I shall only use what is mine and look after my own
  belongings, 
Above all, I shall strive to be honest, kind and true.

Mobirise

Skooluniform

Mobirise

School Uniform

Skoollied / School Song

Ons is seuns en dogters saam.
Hluhluwe Privaat is ons skool se naam.
Ons leuse is Glo, Strewe, Groei
En met kennis is ons gemoei.
Ons sê dankie liewe Heer,
Vir dit wat ons hier leer.


In pursuit of knowledge we will strive
To always do our best in life.
Please grant, o Lord, that we
Be faithful and abide with thee.

Mobirise
Address

Pobox 70
Hluhluwe, 3960

Contacts

Email: admin@privaatskool.co.za
Phone: 083 661 7664
Tel: 035 562 2082/2075
Faks/Fax: 035 940 0810